Kuier net 'n slag

View previous topic View next topic Go down

Kuier net 'n slag

Post by Ilze on Mon 9 Feb 2009 - 8:54

Eendag was daar 'n koning wat twee seuns gehad het. Wanneer die een seun by hom opgedaag het, moes die koning se werkers dadelik vir hom alles gee wat hy wou hê sodat hy so vinnig as moontlik uit die paleis kon wegkom. Hoekom? Die koning kon hierdie selfsugtige kind, wat gedurig dinge wou hê, nie langer uitstaan nie.



Die koning het ook 'n tweede seun gehad vir wie hy baie lief was. Wanneer hierdie seun by die paleis opgedaag het, moes die werkers niks aan hom gee waarvoor hy gevra het nie. Hulle moes hom laat wag totdat sy pa hom kon sien. Al wat die koning wou hê, is dat hierdie geliefde kind met hom moes praat en tyd saam met hom deurbring. Dit het die koning se hart gebreek dat sy ander kind die heeltyd dinge van hom gevra het, maar nooit sy liefde of geselskap nie. Want dis wat hy die graagste met albei sy seuns wou deel, soos wat die tweede kind besef het.



Net soos hierdie koning, weerhou God soms dinge van ons omdat Hy eerder ons geselskap verlang. Nee, Hy wil ons nie heeltyd toegooi met al daardie dinge wat ons van Hom vra nie. Dan sal dit ons in bedorwe brokkies verander. Die Here wil eerder hê ons moet net by Hom kom sit. Sy teenwoordigheid moet vir ons meer as genoeg wees. Net om aan Sy voete tot rus te kom, moet die absolute hoogtepunt van ons bestaan wees. God Self moet meer as genoeg wees. Sy teenwoordigheid moet ons met onuitspreeklike blydskap vul.



Ek bid



Vandag vra ek niks nie, Heer
Ek kom rus net by U
Laag aan U voete kom buig ek
Op U wag ek stil-tevrede
By U, Here Jesus, skuil ek
U genadige teenwoordigheid is al antwoord wat ek vandag verlang


Amen

Ilze
V.I.P. Member
V.I.P. Member

Number of posts: 8140
Age: 36
Location: Kuruman
Mood:
Registration date: 2008-07-02

Back to top Go down

View previous topic View next topic Back to top

- Similar topics

Permissions in this forum:
You cannot reply to topics in this forum