Kyk weer
Page 1 of 1 • Share •
Kyk weer
Onlangs was daar konsternasie op een van Gauteng se snelweë toe 'n man met 'n knuppel uit sy motor gespring het en iemand in 'n ander kar wou bydam. Wat die probleem was, weet ek nie, behalwe dat twee mense van verskillende velkleure mekaar op straat wou uitsorteer. Sulke tonele is sleg. Frustrasies loop hoog.
Ekself het onlangs amper deurgeloop onder die vuiste van 'n groepie "warm manne" toe ek hulle in die openbaar aangepraat het oor hulle klipharde rassistiese taal. Die oplossing vir slegte verhoudings? Wel, ek weet minstens een ding: wanneer ek sê ek's 'n Christen, dan het ek nie 'n lisensie om enigiemand liefdeloos te behandel nie. Dan raak ek kleurblind en statusdoof. Dis wat Paulus bedoel as hy in Galasiërs 3:28 die nuwe beginsels vir Christene leer oor verhoudings. Hy sê dat daar in Christus nie meer Jood of Griek, slaaf of vrymens, of man of vrou bestaan nie. Hierdie grense is uitgevee deur Jesus. Wanneer ek in Christus glo, dan verander die manier waarop ek na ander kyk. Dan sien ek nie eerstens raak of hulle ryk of arm, mooi of lelik, wit of swart is nie. Nee, dan kyk ek totdat ek Christus in hulle raaksien.
Die Here vra ons om op te kyk na ander mense, maak nie saak wat hul posisie, geslag, geloof of beroep is nie. Hy vra ons om mense te behandel soos wat onsself behandel sou wou word, én soos wat hulle ook graag behandel sou wou word. En Hy vra dat ons dit heel eerste aan hulle sal doen. Ons moet ander mense elke keer verras deur die mooi maniere waarop ons hulle op die hande dra.
Gebed
Heer, maak my blind vir menslike verskille
En vir foute en oortredings
Laat my eerder U goedheid raaksien
Help my om te kyk tot ek U sien in elkeen wat my pad kruis
Maak my nederig genoeg om eerste te dien en te doen
Maak my 'n voltydse verspreider van u genade
En 'n permanente bediende van u goedheid
In Christus se Naam
Amen

Ilze- V.I.P. Member

- Number of posts: 8140
Age: 36
Location: Kuruman
Mood:
Registration date: 2008-07-02
Re: Kyk weer
Baie dankie.

EHT- V.I.P. Member

- Number of posts: 1140
Age: 33
Location: Windhoek, Namibia
Mood:
Registration date: 2008-07-16
Similar topics» VRT geeft weer eens cadeau aan de 10% separatisten - la VRT offre de nouveau un cadeau aux 10% de séparatistes
» Hitler weer eens op TV
» Les nationalistes flamands lancent une nouvelle offensive - De Vlaams-nationalisten weer eens in de aanval
» LE SOIR & DS: "Rand verfranst weer" - "La périphérie se francise davantage"
» "Heel België weer tweetalig"

Page 1 of 1
Permissions in this forum:
You cannot reply to topics in this forum