Bid positief!

View previous topic View next topic Go down

Bid positief!

Post by Guest on Wed Aug 27, 2008 8:51 am

Sorry for the Afrikaans!
Bid positief

“Jesus vra vir hom: ‘Wat wil jy hê moet Ek vir jou doen?’” (Mark 10:51.)
Lees Markus 10:46-52

Daar is baie mense wat skepties staan teenoor die waarde van gebed. Hulle vertel van daardie mense vir wie alles altyd op mislukking uitloop, al glo hulle in God; van die ongelukkige slagoffers van siekte en beproewing en geweld; van al die mense wie se lewe aan skerwe lê. Al hierdie gebeure lei onvermydelik daartoe dat hulle die doeltreffendheid van gebed begin bevraagteken, sowel as die liefde van die God wat toelaat dat hierdie dinge gebeur.

Wanneer jy voor God in gebed kom staan, moet jy presies wees met jou versoeke. Jy moet ook ’n geloof openbaar wat jou in staat sal stel om al jou versoeke aan die liefde en genade van God oor te laat. Nadat jy jou versoeke aan God voorgelê het, moet jy die lewende Christus vertrou om jou gebede te beantwoord op sy manier. Hy weet wat tot voordeel van almal sal wees en wat die beste inpas by sy doel.

Wanneer jy tot God bid, moet jy nie vaag of onseker wees nie. Bid positief, want as jy nie positief bid nie, is dit ’n teken van ’n swakheid in jou geloof. Glo in wat jy bid, al ontvang jy dalk heeltemal iets anders as dít waarvoor jy gebid het.

Wanneer jy die teenwoordigheid van God betree, mag jy ook al jou vrese en begeertes aan Hom voorlê. Vra Hom om jou gewillig te maak om die leiding van die Heilige Gees te volg in jou denke en in jou handelinge. Nadat jy openhartig met Hom was, laat dan al die sake waaroor jy gebid het in sy hande, en wag op sy antwoord. God is die Hoorder en Verhoorder van gebed – Hy sal jou nooit in die steek laat nie.

Gebed:
O Heilige Gees van God, versterk my geloof in so ’n mate dat ek positief sal wees in my gebedslewe.

Jesus Christus doen vir ons voorbidding in die hemel; die Heilige Gees sit daardie voorbidding in ons op aarde voort; en gelowiges moet volhard in voorbidding vir alle mense.
OSWALD CHAMBERS

Have a wonderful day! flowerhi

Guest
Guest


Back to top Go down

Re: Bid positief!

Post by Mandri on Wed Sep 10, 2008 8:48 am

Very true!

_________________
Stillbirths - 5 May 2008 - beautiful twin boys (28 weeks)

MC - 5 February 2009 (6 weeks)





9 April 2012 BFP first beta 256 (15dpo), second beta 674 (17dpo), third beta 5544.80 (21dpo), heard the heartbeat on 26 April 2012 (123bpm)

Mandri
Moderator
Moderator

Number of posts: 9475
Age: 27
Location: Ermelo
Mood:
Registration date: 2008-07-03

http://www.mandri-poasaddict.blogspot.com

Back to top Go down

Re: Bid positief!

Post by EHT on Wed Sep 10, 2008 10:32 am

Thank you for reassuring us.

EHT
V.I.P. Member
V.I.P. Member

Number of posts: 1140
Age: 33
Location: Windhoek, Namibia
Mood:
Registration date: 2008-07-16

Back to top Go down

View previous topic View next topic Back to top

- Similar topics

Permissions in this forum:
You cannot reply to topics in this forum