Déja vu? Nee, Vuja De!
Page 1 of 1 • Share •
Déja vu? Nee, Vuja De!
Jy het sekerlik al gehoor van déja vu - daardie vreemde gevoel dat jy vantevore op 'n plek was, selfs al was jy nog nie daar nie. Wel, wat ook van 'n Vuja De gevoel? Wat van 'n omgekeerde manier van leef? Dink bietjie - wat sou gebeur as jy jou lewe begin leef asof jy dit vandag vir die heel eerste keer beleef? Dink jy nie dit sal jou totale ingesteldheid verander as jy daagliks van voor af begin met jou huweliksmaat, jou vriende, jou kollegas - ja, sommer met alles en almal rondom jou nie? Sal dit nie asemrowend wees as jy elke aand jou wrokke vergeet en daardie swart notaboekie opskeur wat jy stilletjies in jou hart in stand hou nie?
Weet jy, God doen elke dag Vuja De met jou en my. Hy begin daagliks oor en voor met ons. Sy genade is elke oggend kraakvars en nuut soos wat Klaagliedere 3 vir ons leer. Die Here vernuwe ons elke dag innerlik, soos wat Paulus glashelder in 2 Korintiërs 4:16 sê. Die apostel skryf dat al vergaan ons uiterlik, dan maak God ons nogtans elke dag innerlik nuut.
Volg vandag in die Here se voetspore! Begin nuut. Begin voor. Begin oor. Wees leergierig. Wees onversadigbaar nuuskierig. Leef asof die lewe vandag vir die heel eerste keer aangebreek het en alles vanaand tot 'n einde gaan kom. Delf met oorgawe in God se skatkamers rond op soek na nuwe hemelse skatte. Word 'n fynkenner van die nuutste wonders wat Hy verrig. Leef van nou af op die Vuja De roete. Dan bruis daar ware lewe in jou hart.
Ek bid
Heer Jesus, dankie vir vandag
Dankie dat dit nuut en vars aan ons elkeen geskenk is
Dankie vir vandag se wind en son
Ook vir die reën en onweer
Dankie vir elke stukkie brood op my tafel,
en vir al die klere in my kas
Dankie vir mense rondom my
Laat ek vandag 'n lewende seën vir hulle elkeen wees
Amen
met komplimente van ekerk.

Ilze- V.I.P. Member

- Number of posts: 8140
Age: 36
Location: Kuruman
Mood:
Registration date: 2008-07-02
Re: Déja vu? Nee, Vuja De!
Baie dankie.
Dit laat n mens nogals nadink.
Dit laat n mens nogals nadink.

EHT- V.I.P. Member

- Number of posts: 1140
Age: 33
Location: Windhoek, Namibia
Mood:
Registration date: 2008-07-16
Page 1 of 1
Permissions in this forum:
You cannot reply to topics in this forum